SAME Trekkerdienste se Ontstaan



Click here for English


SAME Trekkerdienste word sedert 7 Desember 2006 as ‘n volwaardige landbou meganisasie-besigheid deur die Visser-familie vanaf hul plaas, Rietkuil, in  Reitz se distrik in die Oos-Vrystaat bedryf. 

Die eienaar, Mnr. Francois Visser, is die vierde geslag wat op Rietkuil boer en het besluit om dié unieke besigheid voltyds vanaf die plaas te bedryf.  Sy verbintenis met SAME Trekkers het in 1977 begin toe hy as vakleerling by Greyling Broers Toyota in Reitz begin werk het wat in daardie stadium handelaars vir SAME trekkers was.  In dieselfde jaar het sy vader hul eerste SAME vir hulle boerdery gekoop en met verloop van tyd is die hele vloot met SAME’s vervang. 

Deur die jare het daar ‘n hegte verbintenis en vertroue in die produk ontstaan.  Mnr. Francois Visser het in sy spaar tyd, as ‘n stokperdjie, SAME trekkers herbou en later het die bedryf so groot geword dat hy besluit het dat sy twee seuns by hom moet aansluit om die agentskap voltyds te bedryf. 

Die passie vir SAME-Deutz Fahr trekkers word dus nou ten volle uitgeleef en dit is die Visser familie se missie dat hul huidige én voornemende kliënte deel van die SAME-Deutz-Fahr familie sal word, met die gemoedsrus dat hul kapitaal veilig in ‘n produk met ‘n ryke geskiedenis belê is.

 

 

SAME Trekkerdienste

SAME Trekkerdienste