SAME Deutz-Fahr Mylpale



Click here for English


SAME 1927

1927
Francesco Cassani en sy broer, Eugenio, slaag daarin om die wêreld se eerste dieselaangedrewe trekker-enjin te ontwerp.  Hierdie enjin het ‘n groot voordeel gehad bo tradisionele paraffien- of petrolaangedrewe trekkers.

1942
Die SAME (Società Accomandita Motori Endotermici) maatskappy word gestig in Treviglio, Italië.

SAME 1942

1952
Die wêreld se eerste vierwiel-dieselaangedrewe trekker word gebou by die werkswinkel in Treviglio.

SAME 1952

1971
LAMBORGHINI Trattori, ‘n Italiaanse maatskappy met uitstekende ingenieurswese, goeie verkoops-netwerke en hoogs-mededingende produkte word deur die SAME maatskappy uitgekoop.

 
SAME 1973

1973
Vittorio Carozza word aangestel as die voorsitter van SAME Deutz-Fahr na Francesco Cassani se dood.  Cassani het die basis gelê vir ‘n verskeidenheid idees en projekte en ‘n unieke styl van entrepreneurskap aan sy opvolgers.

1979
Die SAME Groep neem die Switserse maatskappy, HÜRLIMANN, oor.

1992
Die SAME Groep brei hul aktiwiteite uit na Pole en SAME POLSKA word later gestig.

1995
Deutz-Fahr, die landboumasjienerie afdeling van Klöckner-Humboldt-Deutz, word deur SAME uitgekoop.  Dit lei tot die bestaan van die SAME-Deutz-Fahr-Groep.

SAME Italy

1996
SAME-Deutz-Fahr in samewerking met Greaves Ltd begin trekker en enjin vervaardiging in Indië onder die naam SAME Greaves Ltd.

2002
SAME-Deutz-Fahr verkry al Greaves Ltd se aandele en SAME Greaves Ltd word SAME-Deutz-Fahr Indië.

2003
SAME-Deutz-Fahr belê in DEUTZ AG deur 29.9% van sy aandele te bekom.  DEUTZ AG was gestig in 1876 deur August Otto, ontwerper van die binnebrand enjin.  DEUTZ AG was die eerste vervaardiger ter wêreld om op industriële skaal te vervaardig en was ook gelys op die Frankfurt aandelebeurs.

 

2004
Die SAME Geskiedenis Argiewe word ingehuldig – ‘n projek wat deur Francesco Cassani se dogter, Luisella Carozza, onderneem is.

2005
DURO DAKOVIĆ PSU word deur SAME-Deutz-Fahr uitgekoop.  DURO DAKOVIĆ PSU is ‘n Kroatiese maatskappy, gestig in 1982.  SAME-Deutz-Fahr Combines word gestig.