Tuis



Click here for English


SAME Trekkerdienste word 20 km buite Reitz op die Kestell- en Qwaqwa-pad deur die Visser-familie bedryf.

Hulle is die alleenverspreider van SAME- en Deutz-Fahr-trekkers, Mascar-rondebalers en Jumil geenbewerkings-planters en strooiers in die Oos-Vrystaat.

SAME Trekkerdienste is sedert 2006 in die bevoorregte posisie om agente van die gesogte trekkers in Suid-Afrika te wees.  Die produkte en onderdele word deur Eqstra ingevoer en hulle bied ook tegniese bystand aan ander Suid-Afrikaanse handelaars.  Die SAME-Deutz-Fahr-groep is onder die vier grootste vervaardigers van trekkers wêreldwyd en handhaaf steeds sy innoverende reputasie, veral ten opsigte van brandstofbesparing.

SAME Trekkerdienste beskik ook oor ‘n ten volle toegeruste werkswinkel met opgeleide personeel en die nodige onderdele om uitstekende naverkope diens te verseker.

 

SAME- en Deutz-Fahr-trekkers spog met unieke eienskappe:
  • Die grootste privaat trekker vervaardiger wêreldwyd.
  • Dit behoort steeds aan die familie van Francesco Cassani, stigterslid van die SAME (Società Accomandita Motori Endotermici) maatskappy.
  • Sien ook SAME en Deutz-Fahr Mylpale vir meer oor hulle prestasies.




Nuus

Jongboer van die jaar kliënt van SAME Trekkerdienste 18-04-2013

Jumil 3080  Planter aan Japie en Adriaan Oostuizen verkoop 11-06-2013

Topcon en Trimble Presisie Toerusting 
06-09-2013

 

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player



Word deel van die SAME-Deutz-Fahr familie
en kry gemoedsrus dat jou kapitaal veilig in ‘n produk
met ‘n ryke geskiedenis belê is.