Francesco Cassani



Click here for English


Op 15 Februarie 1927, het die voorblad van die Italiaanse Bergano provinsiale koerant aangekondig dat ’n 21-jarige plaaslike man, Francesco Cassani, daarin geslaag het om die wêreld se eerste dieselaangedrewe trekker te vervaardig.

Kort daarna het Cassani aangekondig dat sy eerste dieseltrekker brandstofverbruik met 60% besnoei.  Die Italiaanse Minister van Landbou, Marescalchi, was baie beïndruk, maar het daarop aangedring dat die feite bewys moet word.  Hy het ‘n kompetisie aangekondig om die feite te staaf, bekend as die Trattrice Agricola Italiana.  Dit het in 1928 in Rome plaasgevind waaraan alle trekkervervaardigers in Europa deelgeneem het.  Cassani het met die louere weggestap.  In 1952 het Cassani die wêreld se eerste vierwiel- en dieselaangedrewe trekker die lig laat sien.  Hy het die trekker aanvanklik 35 jaar tevore ontwerp.  Al die onderstelle van sy tweewielaangedrewe trekkers was ontwerp vir vierwielaandrywing.

Cassani het dikwels die wind van voor gehad.  In 1952, toe die eerste SAME-trekker die lig gesien het, is slegs 33 verkoop.  In 1950, op die rand van bankrotskap, is hy na die Milaan skou, maar het slegs ‘n handjievol verkope behaal.  Toe hy teneergedruk en verslae van sy stalletjie af wegstap en besef dat hy nie sy verpligtinge kan nakom nie word hy deur ‘n priester, ene eerwaarde Don Zeno, genader.

Hy het Cassani gesoebat om aan hom ‘n trekker te skenk.  Hy het ‘n kamp vir verlate kinders sonder ‘n heenkome gevestig om gewasse vir ‘n inkomste te verbou.  Al vier ander trekkervervaardigers op die skou het sy pleidooi van die hand gewys.  Cassani het besef hy is nie finansieel daartoe in staat om ‘n trekker te verskaf nie.  Hy het egter al sy verskaffers genader om die onderdele te skenk.  Eerwaarde Don Zeno het sy trekker ontvang.  Van daardie dag af het Cassani se bestellings ingestroom...  Was dit toeval?

 

Francesco Cassani